Posted on
31 October 2010
Met groot opgewondeheid het 16 lede opgedaag vir die demonstrasie. Suzette Hougaard, een van ons beoordelaars het stap vir stap gedemonstreer hoe om die sjokolade rolkoek (Konferensie item) te bak. Die eindresultaat was heerlik.
Ek hoop net al die dames gaan die rolkoek probeer vir die eerskomende vergadering se kompetisie! Dankie Suzette, jy is puik! Dis voorwaar 'n groot voorreg om iemand in jou tak te hê met soveel ondervinding. Die entoesiasme wat onder die lede heers is aansteeklik.
Van die lede wat die demo bygewoon het.

Suzette Hougaard (beoordelaar) reg vir die demonstrasie.

Die rolkoek het perfek gebak!

Trudie de Goede en Maretha Buckle geniet die eindresultaat.
