Die jaar 2010, vol verwagting begin en daar is hy nou byna op sy rug! Maretha Giliomee, ons gasspreker, gebruik die tema AANHOUER WEN om ons te motiveer om nooit op te hou nie. Sy vertel die verhaal van die seun wat ‘n wedloop moes doen en toe val, maar nie tou opgegooi het nie. Nadat hy drie maal geval het en elke keer weer opgestaan het, het hy wel die wedloop voltooi. So moet ons ook onthou dat dit nie gaan oor of ons die wedloop wen nie, maar dat ons dit belangrik is dat ons dit sal voltooi.
As motivering word lede met 100% bywoning vir die jaar beloon en ontvang die volgende lede elk ‘n klein geskenkie: Hetta Bezuidenhout, Barbara Mandy, Ina Odendaal, Corrie Swart en Jossie Swart.
Die taktrofeë is ook by die geleentheid oorhandig aan die volgende lede:
Jossie Swart : Spamer Trofee - Meeste punte : Gebak
Ann Gunning : Eksteen Trofee (Meeste punte : Naaldwerk); Van Heerden Trofee (Meeste punte : Blomme); Suidhoek Trofee (Meeste Deelname); en BNK Trofee (Meeste punte : Konferensie).
Bredasdorp het die trofee ontvang vir die meeste punte behaal by Kongres en dit word aan Ann Gunning oorhandig. Sy het drie artikels ingeskryf vir kongres en ontvang ook ‘n sertifikaat vir haar Masjienwerk wat ‘n 5de plek behaal het. Marie Spamer ontvang die trofee vir haar 1ste Plek vir Weefwerk.
Estelle van Dyk doen ‘n boekvoorlesing uit “Die Pienk Traaisiekel” van Nico Moolman wat ons laat skaterlag. Sy sluit ook tydens die vergadering as lid aan.
Lede is gevra om ‘n bydrae vir ons plaaslike Ouetehuis saam te bring en so kan ons die mooi bedrag van R520,00 aan hulle oorhandig. Kersgeskenkies is uitgeruil waarna almal heerlik om ‘n koppie tee en heerlike verversings kon kuier.
Beriggewer: Lorraine du Toit

Maretha Giliomee, ons gasspreker

Bestuur vir 2011
(Vlnr): Barbara Mandy (Tesourier); Marie Spamer (Visevoorsitter en Sameroeper vir Leefstyl); Jossie Swart (Sekretaresse); Ann Gunning (Sameroeper vir Kunste & Handvlyt); Riona Swart (Sameroeper vir Landbou & Tuinbou); Amanda Beyers (Sameroeper vir Gesondheid); Mia Landers (Sameroeper vir Opvoeding); Charley Flack (Sameroeper vir Openbare Sake); en Voor: Lorraine du Toit (Voorsitter)

Kongres Trofee wenners
Marie Spamer (links) : Trofee vir 1ste Plek : Weef (85%) en Ann Gunning : Sertifikaat vir 5de Plek : Masjienwerk (82%) asook trofee ontvang vir Meeste punte behaal op Kongres. Sy het die meeste artikels ingeskryf vir kongres.

Tak Trofee wenners
Jossie Swart (links) : Spamer trofee (Meeste punte : Gebak)
Ann Gunning : Eksteen trofee (Meeste punte : Naaldwerk), Van Heerden trofee (Meeste punte : Blomme), Suidhoek trofee (Meeste Deelname) en BNK trofee (Meeste punte : Konferensie)