Posted on
04 November 2010
Tydens GOODWOOD se gesondheidsvergadering het 'n voetkundige, Debbie Gould (middel), die dames kom vertel van voetsorg. Sy het skyfies gewys van probleemvoete en vertel van allerhande voetsiektes en swamme, en die oorsake daarvan. Links is Tina Muller (sameroeper) en regs is Bes van Zyl.

Serena van Schalkwyk (middel) het tydens GOODWOOD se naaldwerkvergadering die veelvuldige gebruike van strooikussings kom wys. Dit is wonderlik om te sien op watter maniere dit enige vertrek kan opkikker. Sy het dit d.m.v. 'n powerpoint aanbieding gedoen. Sy was betrokke met die inrig en versiering van die restaurante by die Kaapstad stadion tydens die sokker wêreldbeker. Die groot tente is ingerig soos wat dit in luukse geboue sou wees, en glo dit of nie - na die wêreldbeker is alles afgebreek en al die ingevoerde meubels, matte ens. is teruggestuur! Links is Charlotte Huysamer (sameroeper) en regs is Valerie du Preez.
