Posted on
07 December 2010
Die Tema vir ons laaste vergadering vir die jaar was Kersfees en daar het ‘n feestelike atmosfeer geheers. Ivonne Fourie en Hildegard v Zyl het geen moeite ontsien om vir die dames baie interessante idees te gee vir geskenke en om die kerstafel te versier, en alles kom uit die huis!
Foto’s van kinders en kleinkinders kan uitgeknip word en met bietjie blinkertjies versier, kan dit as naamkaartjies op geskenke gebruik word. Die foto sê wie se geskenk dit is. Gekleurde koerantpapier of selfs waspapier kan gebruik word om geskenke toe te draai met ‘n mooi lint daarom gebind.
Gekleurde liggies in ‘n glashouer lyk baie treffend op die kerstafel en so ook koekarretjies wat van blink materiaal gemaak is lyk mooi om ‘n glas pot.
Demonstrasies om kerskranse te maak met iets uit niets is gehou deur Alma v d Berg en Rina Coreejes. Eersgenoemde het gewys hoe om ‘n krans met wilgertakke te maak en verskillende maniere om dit te versier. Rina wys hoe om ‘n klein goedkoop krans te maak vir byvoorbeeld elke kamerdeur in die huis, deur van ‘n ou CD en fotostate van blare op verskillende kleure groen papier en lint gebruik te maak!
Pryse wat lede in 2010 verower het:
• Beker vir die meeste punte: Rina Coreejes
• 21 punte vir spesifieke werksaamhede: Millicent Venter, Margie Meiring en Rina Coreejes
• Lede 100% teenwoordig: Leana du Preez, Millicent Venter en Rina Coreejes
• Kentekens:
o 10 jaar: Francina de Klerk, Erida v d Berg en Anna v Zyl.
o 20 jaar: Charmaine Smith en Erika Williams
o 25 jaar: Hester en Ivonne Fourie (Skoonma en skoondogter).
o 35 jaar Drieka Roos
• Sasko beker: Hildegard v Zyl
En nou wag 2011………………….