Posted on 19 January 2011

Vryburg VLV het die jaar op 18 Januarie afgeskop met ‘n leefstyl vergadering met die klem op binnehuisversiering.

 

Liselet Jacobs, een van die tak se lede, het ‘n besondere liefde vir materiale en met behulp van haar borduurmasjien tower sy die mooiste artikels op vir haar huis. Sy het voorbeelde van die woonkamer tot die kombuis gewys en by elke item wenke gegee hoe om die werk aan te pak. Die las van koorde word gedemonstreer.

 

Vir diegene wat nie so bedrewe met die naald is nie, was daar idees hoe om ander mediums te gebruik om die huis te verfraai.

 

Beriggewer: Nellie Viljoen

 

 

Liselet Jacobs en Nellie Viljoen, koördineerder van die vergadering

 

 

 

Lede wat betrokke was by die aanbieding van die vergadering was Elsa Beyer, Nellie Viljoen, Wima Brink, Rhodi te Baerts, Liselet Jacobs 

Comments are closed

Categories