Posted on 06 February 2011

Die 2de Februarie was die eerste VLV vir die nuwe jaar.  Na 'n vrolike teedrinkery en weersiens geselsery het almal reggeskuif om te luister na Ankia du Plooy, al die pad van De Aar, wat kom gesels het oor Vier jou Vrouwees. Ons is aangemoedig om die reis na die einde van die jaar te geniet, om die jaar 2011 met vreugde aan te pak, daardie vreugde wat slegs die Here kan gee ten spyte van jou omstandighede. 

 

Ons moes diep in onsself kyk. Ons leefwêreld, wat geneig is om ons te laat voel "ek is nie goed genoeg nie", moenie ons kriteria wees waarvolgens ons, ons lewens meet nie. Ons is geskep om vrou te wees, geroep om vrou te wees. Dis genoeg om net "ek" te wees. Die uitdaging is om te wees soos wat God dit bedoel het - om jy te wees - niemand anders nie. Kom ons kies om vreugdevol vrou te wees in 2011. Kom ons gaan stap sagte vrouespore in hierdie harde wêreld.


 
Vir die res van die program het Ivonne Gentle gewys hoe om van foto's gelamineerde plekmatjies te maak en Anita Rust het ons modewys gemaak vir 2011.


 
Marthie Oosthuizen, 'n VLV lid van Vosburg, het vir ons gedemonstreer hoe om van die swembadchloor drywende houers 'n messegoed houer te maak deur net die deksel, wat deeglik vassit, af te haal. Sy het ook vir ons kom wys hoe werk ECO-WIPES, 'n lappie wat so groot soos 'n pil is, wat oopvou sodra jy 'n bietjie water daarop gooi - ideaal vir die reistas of piekniekmandjie.


 
Ons kom weer die 2de Maart bymekaar met gemaklike klere en skoene aan, baie drinkgoed, 'n sonhoed en muskietolie - want ons gaan op 'n toer deur ons omgewing om dit beter te leer ken………

 


Bestuur vir 2011, vlnr Marinda vd Merwe, Elna Kriek, Wilma Strauss, Michelle v Rensburg, Elsa Human, Christie Viljoen, Ivonne Gentle, Sunel v Rensburg (Voorsitter) en Ideka Visser.

 

 

 

Ankia Du Plooy en Ideka Visser.

 

 

 

Lillie Fourie, 'n gas vir die dag.

 

 

Comments are closed

Categories