Posted on 20 February 2011

Februarie maand word gereken as die maand van liefde.  In Niekerkshoop se VLV was die atmosfeer nie veel anders nie.  Daar was oral tekens van liefde – hartjie sjokolade, kersies, pienk wyn, rooi tafeldoeke.

 

Hooikoors, ‘n seisoenale allergie,  en die behandeling daarvan is bespreek. ‘n Vinnige oplossing blyk die gebruik van kortisoon te wees.  Andersins kan antihistamine gebruik word vir die verligting van die loopneus, tranerige oë en soms ‘n genies. 

 

Vroue bo 50 moet jaarliks gaan vir deeglike mediese ondersoek wat insluit – papsmere, mammogram, cholesterol, diabetes ens. om vroeë opsporing van enige onreëlmatige selle waar te neem.

 

Persone met lae immuniteitsvlakke moet gaan vir griepinspuitings  Griep veroorsaak tussen 200 000 – 500 000 sterftes jaarliks.  Kinders kan ook die inspuiting kry.  Groot welslae is behaal met die inenting.

 

Liezel Botha het gedigte uit die pen van Hans du Plessis se Innie skylte vannie Jirre voorgelees.  Dit handel oor die Griekwapsalms en teksverse uit die Bybel soos gesien deur die Griekwas.  Musiek van die Griekwapsalms, wat gekomponeer en gesing is deur Randal Wicomb, is gespeel. 

 


Beriggewer: Liezel Botha

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories