Posted on
06 March 2011
Die jaar 2011 is afgeskop met ‘n gesellige braai op Karnemelksvlei. Hierdie geselligheid is deur al die VLV lede en hul gades en kroos bygewoon. Daar is verskeie speletjies gespeel en heerlik gesels rondom drankies en heerlike kos. Afgevaardigdes is vir konferensie verkies, ledegelde betaal en VLV projek is bekend gemaak. Een van ons lede se dogter is getroud en daar is ook ‘n nuwe baba oppad.
Ons Kunste en Handvlyt vergadering is aan huis van ons Voorsitter gehou. ‘n Mimiek op maat van musiek is deur Yolanda Basson uitgevoer. 3 Bedankingskaartjies in variasie van Teesakkievouwerk asook sjokolade rolkoek, halwe ingelegde perskes, registertafel-middellap en blommerangskikking om ‘n bruidspaar te verwelkom was maar ‘n paar van die items wat op die kompetisielys was. Daar is hulde gebring aan ons erelid Kath Soar wat op 4 Februarie 2011 oorlede is. Sy was 66 jaar lank lid van die VLV en ‘n gereelde deelnemer aan kompetisies. ‘n Baie onverwagse haelstorm het die res van die vergadering gekelder en alle aandag was op die natuur gevestig. Ons het egter instruksies vir die laproos demonstrasie gekry en elkeen het toe tuis haar laproos gaan maak.
2010 is afgesluit met ‘n baie lekker, maar ook warm en bedompige kuier op De-Lovely se stoep. Pryse is uitgedeel, nuwe bestuur gekies en ‘n pragtige viooluitvoering deur Desré Smit is ook gelewer. Daarna is ‘n heerlike ligte ete baie smaakvol deur Salomé Benadé van The Grapevine bedien.
Beriggewer: Minette du Toit
Bestuur

Landbou & Tuinbou se uitstalling

Gades kuier om die braaivleisvuur
