Posted on 13 March 2011

Die tema van die vergadering was Kardio Pulmonêre Resussitasie.

 

Daar was groot opgewondenheid onder Langebaan lede toe die ambulans van die plaaslike "Medical Response" met loeiende sirenes die saal binne gery het.  Die Gesondheid sameroeper, Hettie Hanekom het al die lede gevra om nader te staan en daar is aan die lede getoon hoe die ambulans binne-in lyk en wat se toerusting daar alles is.  Die lid van die mediese personeel het aan die lede gedemonstreer hoe om iemand wat verstik te behandel, asook hoe om mond tot mond asemhaling toe te pas. Daar is ook gedemonstreer hoe om hartstilstand te behandel en lede het kans gekry om dit prakties te oefen.

 

Al die lede was dit eens dat dit baie leersaam was.  Lede is ook die geleentheid gegee om vrae te vra en om meer te wete kom oor die diens wat beskikbaar is in geval van 'n noodsituasie.

 

Die kompetisie inskrywings van die dag het ook gepas by die tema.  Lede moes 'n gesondheidsbroodjie bak en met groente en blomme rangskik.

 

 

Lede kry geleentheid om die ambulans te besigtig.

 

 

Mediese personeellid saam met Marie Snyman, Linka van Wyk en Hettie Hauptfleisch.

 

 

'n Mediese personeellid verduidelik hoe mond tot mond asemhaling toegepas word.

 

 

Een van die lede oefen om 'n hartstilstand te masseer.

Comments are closed

Categories