Posted on
14 March 2011
Tydens Joostenberg tak se tweede samekoms in Februarie het die vriendinne geleer hoe om ‘n 'Akriel Canvas Skildery' te maak. As deel van die dag, is die Takvaandel wat “Drie Dansende Vroue” is, deur Juanique Vorster voltooi.
As ‘n opvolg op ons Takvaandel, het ons Saterdag 12 Maart bymekaargekom om vir ons elkeen ‘n draadfiguur borsspeld te maak wat die “Dansende Vrou” van ons Takvaandel verteenwoordig. Die borsspeldjies is deel van ons tak identiteit, en sal gedra word tydens vergaderings, sowel as ander VLV byeenkomste.
Aangesien die figuurtjie redelik vinnig gegaan het, het ons ook elkeen ‘n kralestring gemaak. Leni van “Beady Craft” het ons Vriendinne kom wys hoe om die twee items te maak.
Beriggewer: Juanique Vorster
Hier is die Vonkel Vriendinne met hul takvaandel.

So lyk die embleem-borsspeld.

Vriendinne met hul voltooide krale.

Almal vlytig aan't krale maak!
