Posted on
16 March 2011
Niekerkshoop het ‘n heerlike dag vol verrassings gehad met die Maart vergadering.
Een van die lede, mev. Tiena Escot-Watson, verkoop handgemaakte kaartjies wat die asems laat wegslaan. Die lede het gevra dat sy moet demonstreer hoe sy dit doen.
Die prente word vanaf ‘n CD gedruk op laser papier en met die hand uitgeknip. Daarna volg die opmekaar en bymekaar sit van die agtergrond, prent, lint ens. Die woorde word ook uitgedruk en uitgeknip aangesien Afrikaanse woorde en sê-goed baie skaars is.
Liezel Botha het daarna oorgeneem en die lede het elkeen ‘n sjabloon gekry van ‘n prent. Lede moes die prent met Iris vouwerk versier. Party lede het gewonder wat hul doen… Die verrassing was groot toe die sjabloon uiteindelik afgehaal kan word. Die lede kan met dié tegniek baie van hul oorskiet papier herwin.
Beriggewer: Liezl Botha



