Posted on
17 March 2011
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Vredendal tak - Sophie Malan het ‘n 5 minute tydgleuf tydens vergadering geneem om te praat oor die belangrikheid van biodiversiteit.
Die mens veroorsaak dat biodiversiteit aanhoudend verminder. Dit lei tot allerhande probleme vir die mens en dier. Biodiversiteit is uiters belangrik vir die landbou. ‘n Biodiverse omgewing bewaar die produktiewe gene.
Ons kan ‘n klein bydrae maak om biodiversiteit te bevorder deur ‘n verskeidenheid plante in ons tuine te plant, nie gifstowwe te gebruik nie, ons eie kompos te maak en vrede te maak met die goggatjies en geitjies in ons tuine. En as paddas hulleself in jou tuin tuis maak mag jy ekstra trots voel: dit beteken dat jou tuin ekologies gesond is.
Die volgende boeke is uitgestal: A Sense of Space – Jan Blok, The Global Casno – Nick Middleton en Flora Mira-Bills – National Geographic.
