Posted on
17 March 2011
Portefeulje: Kuns & Handvlyt
Tydens 'n Kunste en Handvlyt vergadering, gehou op 17 Maart 2011 in die Piketberg Biblioteeksaal, met Die Bruid as tema, is 'n kaleidoskoop van kunste wat glans en feestelikheid aan 'n huweliksdag verleen en in later jare spesiale herinneringe oproep, aan VLV lede en gaste uitgestal.
Bo en behalwe fotografie, tafelversiering, blomkuns, fluitspel, rokke vir die bruid en haar gevolg, troukoek en 'n feestelike teetafel, het dames hul trourokke van toeka tot nou vertoon.
Beriggewer: Dinette Lochner
LNR: Louise Visser - die mees onlangse bruid, VLV erelid Christine Langeveldt, Elna Slabber in haar trourok waarin sy 37 jaar gelede getroud is en Melanie Slabber albei van Hopefield, Riana Richter wat haar rok van 1972 uit die kas gehaal het, Judy Nortje wat Esther Pretorius se rok vertoon het, Carla Visser in haar rok waarin sy in 2008 getroud is en Esther Pretorius, mede-saamroeper van die geleentheid. Die klein bruidjie voor is Olivia Slabber. Christine Langeveldt het nie haar trourok aangehad nie, maar 'n wit volkspelerok wat enige tyd ook vir 'n trourok sou kon deug.

Kentekens is ook by die vergadering oorhandig aan lede. LNR is Katinka Morrison (25 jaar), Rita Eksteen (50 jaar) en Riana Richter (40 jaar).
