Posted on
23 March 2011
17 Maart - Dit was 'n geslaagde Konferensie met Ds. Johannes Nortier as hoofspreker - Aanhouer Wen. Alle verslae, tee’s, etes was puik. Dit was in die algemeen 'n baie aangename warm dag gewees. Die verslag van die President, Tesourier en Saamroepers was van hoogstaande gehalte en inspirerend. Erika Lubbe het ons besoek en die bekers oorhandig en 'n groeteboodskap oorgedra.
Mev. Marinda Rall (middel op foto) bied haar eerste konferensie van Sirkel Paarl aan in die NG Kerksaal Agter-Paarl met die gasvrou-tak, Slot-van-die-Paarl. Links met die groen rok: Jean Rosenstein, sirkeltesourier, regs met die bont rok: Francina Marais, visesirkelpresident.

Afgevaardigdes tydens Konferensie.

Jean Rosenstein, Bokka Wagenaar, Erika Lubbe, Marinda Rall, Annalise Loubser, Francina Marais en Ds. Johannes Nortier, Slot van die Paarl gemeente.

Jean Rosenstein, Erika Lubbe, Marinda Rall, Annalise Loubser, Francina Marais.
