Posted on 23 March 2011

Hierdie jaar was dit Victoria-Wes tak se beurt om op 9 & 10 Maart konferensie vir Sirkel Noord-Karoo aan te bied. 
 

Ten spyte van 'n lid in die hospitaal met 'n rugoperasie; 'n ander besig met behandeling na 'n borsoperasie; 'n spinnekopbyt en vele meer, is die dames nie van stryk gebring nie. Spyskaarte is uitgedink (en natuurlik so elke nou en dan verander), idees is saamgegooi; beplanning is gedoen en begroting is uitgewerk. Laasgenoemde speel natuurlik 'n groot rol en so moes ons afsien van Annelie Botes as spreker vir die aandfunksie. "Te duur", sê Sirkelpresident en dis net daar waar ons die gaping vat en besluit ons sal self iets aanbied. Met min lede en ver afstande was dit voorwaar 'n uitdaging en wou 'n lid of twee se moed hul begewe. Weer maak ons 'n plan: betrek vir Edward Daniels, ons plaaslike talent.  Al probleem is, Edward werk by die sentrale en dus skofte...  Met 'n nog bietjie fyner beplanning kry ons tog oefeninge gereël wat almal pas en sowaar: dit het gewerk en was dit lekker?!
 

Soos met elke konferensie is mens trots-dankbaar oor elke lid wat (soos altyd) haar kant gebring het.  Die maande se beplanning en laaste paar dae se vele werk, maak alles tog die moeite werd as mens na 'n jaar weer al die bekende gesigte sien. Dankie aan almal wat op Vic-Wes kom kuier het en sterkte aan Petrusville vir aanstaande jaar se konferensie.

 


 

Alles was keurig versorg.

 

 

 

'n Pragtige fokuspunt.

 

 

 

Lede hard aan die werk.

Comments are closed

Categories