Posted on 29 March 2011

By VLV Strand tak se Landbouvergadering het Marianna de Villiers, ‘n lid van Strandtak & ‘n S.A. Pêrelkenner, die dames toegespreek oor die geheimenisse van die juweel …DIE PÊREL

 

Hoogtepunte:
Saam met goud is pêrels die oudste juweel in die Bybel. 
Die ou Middellandse See lande het stringe pêrels in hul staatskaste bewaar vir staatsrykdom.

Historiese juweelstukke is gedra deur:
o       Koningin Mary 1590.
o       Koningin Elizabeth 1, 1575.
o       Barok borsspelde van die 16de eeu.
o       Louis XIV se beroemde Mancini pêreloorbelle.
o       Laat Renaissance pêreljuwele.
o       Spaanse goue hangoorbelle.
o       Pêreljuwele uit Pompeii, ens, ens.

 

Van die meer moderne pêreljuwele is die van:
o   Die Britse koningshuis.
o   Prinses Diana.
o   Elizabeth Taylor.
o   Jackie Onasis.

 

Daar is vier tipe pêrels:

a) Egte natuurlike pêrels.
b) Die gekweekte seewater pêrels “Mikimoto”  -  Akoya Perl Oester.
c) Die gekweekte Varswater Pêrels – Ikechó Mossel.
d) Die Swart Tahiti Pêrel  -  Pinctata Margariti.
e) Die blink Suidsee Pêrel  -  Pinctata Maxima.

 

Hoe kies jy pêrels?

*Glans – die belangrikste eienskap van ‘n goeie pêrel.
*Grootte  -  hoe groter hoe duurder.
*Kleur  -  daar is ten minste 12 kleure pêrels beskikbaar.
*Tipe Pêrel/Fatsoen: Rond, afrond, barok, semi-barok, frats pêrels & andere.
*Oppervlakte – mòèt glad en blink wees.

 

Versorging van pêrels:

Ten laaste het ons verneem hoe ons ons pêrels moet troetel, koester, versorg, skoonmaak en dra. Was pêrels in louwarm water om neksweet, haarsproei en parfuum te verwyder.

 

Beriggewer: Annemarie Skibbe

 

 

Comments are closed

Categories