Posted on 31 March 2011

Hierdie jaar was dit die takke van Robertson en Laingsburg se beurt om op 9 Maart 2011 te Robertson, die konferensie vir Worcester Sirkel aan te bied. Die volle Sirkelbestuur, al 12 takke met 35 afgevaardigdes, 55 waarnemers en 5 gaste het dit bygewoon.

 

Die fynste blommerangskikkings in teepotjies en koppies, asook die rangskikking op die verhoog in 'n reuse groot koppie, het almal dadelik laat tuis voel.

 

Met die tema "Aanhouer Wen" was Marlene le Roux, 'n Direkteur van Kunstekaap, die hoofspreker.Sy is die skrywer en samesteller van die boek "Look at Me". Die boek handel oor vrouens met gestremdhede wat bo uitgekom het.

 

Sy het as kind polio gekry en het baie struikelblokke oorkom tot waar sy vandag is. Sy het vrede met haarself en die verlede gemaak en nuwe doelwitte vir haarself gestel. Sy het bekommernisse en slegte herinneringe uitgegooi en Gebed, Hoop, Vertroue, Geloof, Vergifnis en Menslikheid eerste gestel. Sy raai lede aan om meer betrokke te wees by die gemeenskap – baklei vir gesondheidsdienste, onderwys en behuising. Sy sluit af – "Don’t ask life, why me?” Sê liewer – “With God by my side, try me.”

 

Landbou en Tuinbou – Anne-Lee Pieterse
Neem Boereverenigings se hand en dink en eet organies. Koop vrugte en groente plaaslik en wat in seisoen is.

 

Opvoeding en Kultuur – Johanna van Wyk
Raak meer betrokke by kinders. Een tak het ‘n Ouma en Oupa projek.

 

Kuns en Handvlyt – Zelda van Heerden
Gee meer aandag aan pottebakkery en die droog van blomme.

 

Leefstyl – Marina Spamer
Deoni van Rensburg demonstreer die maak van Ricotta kaas.

 

Gesondheid – Romanda Viljoen
Daar is te veel pornografie op die T.V. Sy versoek dat so ‘n beskrywingspunt aan Hoofbestuur gegee word.

 

Openbare Sake – Gesina de Wet
Kla oor dienste in jou dorp. Gee belangrike telefoonnommers aan nuwe intrekkers.

 

Me. Krige oorhandig die 3 Sirkeltrofeë aan Bonnievale vir die styging in hul ledetal met 8 asook hul betrokkenheid by verskeie instansies en veral hul bydraes aan hul plaaslike ouetehuis; Ceres vir 6 nuwe lede en gereelde deelname aan kompetisies en Montagu vir die styging van 3 lede en betrokkenheid in die gemeenskap.

 

Beriggewer:  Alta Britz

 

Deoni van Rensburg, Marlene le Roux (spreker), Dorothy Krige (Sirkelpresident) en Elize Lotriet (Sirkelsekretaresse).


 

Uitstalling van kreatiewe voorskote.

 

 

Tafelversierings in fyn koppies en teepotte.


 

Johanna van Wyk (Opvoeding en Kultuur) besig om haar verslag voor te lê.  Voor sit Romanda Viljoen (Visepresident).
 

 

Comments are closed

Categories