Wat ‘n Heerlikheid!!
Op Woensdag en Donderdag 9 en 10 Maart kom 9 takke se afgevaardigdes en waarnemers bymekaar om Sirkel Noord-Karoo se jaarlikse Konferensie te hou. Ds. Manus Duminy open die konferensie en lê klem op die belangrike rol van vrouens waarna Sandra Nolte, Sirkelpresident, almal welkom heet. Wiekie Wessie Kleuterskool heet ook almal welkom in Victoria-Wes met ‘n liedjie.
Van die gassprekers was lede of oud lede en het hulle besonder goed van hul taak gekwyt:
Opvoeding en Kultuur: Hanneke Potgieter (Petrusville) lewer ‘n insiggewende praatjie oor stres. Afgevaardigdes voltooi ‘n vraelys om uit te vind of hulle besig is om “uit te brand”. Diep in- en uitasem en sametrekking en ontspanning van die spiere in die liggaam is twee maniere om vinnig te ontspan.
Openbare Sake: Serita Swart (Victoria-Wes) gee ‘n Power point aanbieding van hoe sy haar besigheid begin het. Sy meld onder andere dat vrouens ook “agtergeblewenes” is volgens die SEB-wetgewing.
Leefstyl en Naaldwerk: Elise Snyman (Orania) demonstreer die maak van sjokolade rose.
Landbou en Tuinbou: Michelle J v Rensburg (Britstown) se Power point handel oor ‘n “Skadu-groentetuin”. Die skadunet word op ‘n sonnige plek, van noord na suid opgerig, naby jou huis. 30% skadunet word gebruik vir hierdie tuin van 8m x 5m en dit moet ‘n stewige raamwerk hê met deure aan weerskante en ‘n klippaadjie in die middel.
Gesondheid: Andrea Loots, ‘n plaaslike arbeidsterapeut, vertel presies wat haar werk behels. Sy demonstreer met ‘n pop presies hoe te werk gegaan moet word met hierdie babas. Die WGO het vanjaar as die “Jaar van die baba” verklaar.
Kunste en Handvlyt: Kobie Jeppe demonstreer die collage van herwinbare materiaal wat ‘n 2012 kompetisie artikel is. Sy beklemtoon dat beplanning baie belangrik is.
Webwerf en Huis en Haard: Rina Coreejes (De Aar) gaan aanlyn en demonstreer hoe die webwerf gebruik kan word vir wenke, nuus, blogs en “downloads”. Sy stig ook ‘n Facebook groep vir Sirkel Noord-Karoo tydens die aanbieding.
Gedurende die aandfunksie, wat deur Ds. Perrin geopen is, word Mannetjies Roux, inwoner van Victoria-Wes, die Sirkel se eerste “Dankie Persoon”. In sy toespraak beklemtoon hy die belangrikheid van selfdissipline of te wel, Aanhouer Wen!
In haar Presidentsverslag, lig Sandra Nolte die hoogtepunte van die afgelope jaar uit. Sy sluit af met: Wenners raak nie moedeloos nie, moedeloses wen nooit nie!
Donderdag is die motiveringspreker Maretha Badenhorst wat voorheen voorsitter van Victoria-Wes was en tans voorsitter van Strand tak is. Haar tema is aanhouer wen, sy sluit af met: “Never give up! You only live once, if you live right, once is enough!”
Baie dankie aan Victoria-Wes vir al julle harde werk en gasvryheid! Julle is WENNERS!!
Maretha Badenhorst.

Petrusville het 5 vorige voorsitters verteenwoordig gehad. Mev Ronella Rademeyer, Alta Waldeck, Hanneke Potgieter, Merise de Villiers en Frances Herholdt.

Wiekie Wessie Kleuterskool.

Sirkelbestuur 2011. Frances Herholdt, Emerentia Pretorius, Renee Louw, Michelle en Sunel van Rensburg, Alma v d Berg, Marie Botha en Sandra Nolte, Sirkelpresident.
