Posted on 11 April 2011

Na Joostenberg tak se stigting in Januarie, het die Vonkel Vriendinne kreatief verkeer met kuns en handvlyt aktiwiteite in Februarie en Maart. So dit was tyd om ander velde van die VLV te verken. Ons April aktiwiteit: “Sand Boarding” by Atlantis Dunes.

 

Wat ‘n ongelooflike ondervinding!

 

Die mooiste windvrye sonskyndag het ons ingewag, en met groot opwinding het ons met al ons pakkasie ons oase opgeslaan.

 

Flink en vinnig het ons aan die gang gekom deur een van ons jongelinge, Thinique Vorster, wat aan ons demonstreer het hoe om ons borde te waks vir maksimum spoed. Na ons opvoeding sessie, het ons almal ge “wax-on, wax-off” soos ons geleer is, en toe die duine aangedurf vir ons gesondheid aktiwiteit om te begin.

 

Soms met meer spoed as waardigheid, is ons die duine af. Die nie-so-statige tot halt kom het verskeie kere in onwillekeurige bollemakiesie deur die sand geëindig, maar dit het nie ons ywer of opwinding gestuit nie.

 

“But what comes down, must go up” in die geval, so na elke heerlike adrenalien gevulde rit af, moes ons die duine uitklim tot bo. Kyk, nie een van ons hoef hierdie hele week te loop gym nie: van oefening het ons genoeg gekry.

 

Dit was voorwaar ‘n onvergeetlike dag, waaroor daar nog lank in vriendekringe gesels sal word….

 

 

Opvoeding - Wax on, Wax off.

 

 

Gesondheid - Sand boarding in aksie!

 

 

 

Vonkel Vriendinne Vonkel.

 

 

 

Die manne!

Comments are closed

Categories