Posted on 12 April 2011

Douglas Tak
Vergadering : 12 April
Landbou en Opvoeding
Beriggewer: Marthie van der Westhuizen

 

Elke week nadat die plaaslike roosplaas, Rosenheim, hul bestellings afgelewer het, het daar kortsteel rose oorgebly. Gou het een van die werkers, Atta Korasie, wat toe nog net die pragtige rose in bosse van 20 vasgebind het,  gevra of hul nie 'n plan met die kortsteel rose kan maak nie.  Die eienaar, mev Rieks Nebbe, het besluit dat hul kan probeer om kisruikers daarvan maak. Nie een van die personeel kon toe rangskik nie, en vinnig is kers opgesteek by 'n kenner, en so het Atta Korasie vinnig geleer.

 

Vandag kan sy, nadat sy al die bestellings bosse rose netjies verbind het, ook gemiddeld 15 kisruikers maak vir begrafnisse oor naweke. 

 

Mev Rieks Nebbe (eienaar van Rosenheim Rose) en Atta Korasie.

 

 


Mev Kotie Louw, werksaam vir Douglas Hospies, het die vergadering ingelig oor die oordra van TB, die behandeling en voorkoming daarvan.

 

 

Comments are closed

Categories