Posted on
17 April 2011
Portefeulje: Openbare Sake
Ugie tak het ‘n bedrywige kwartaal agter die rug. Op 14 April het ons die Openbare Sake vergadering o.l.v. Doreen Jafta gehad. Ons bestudeer vanjaar Frankryk en Doreen het ons voorgestel aan die Franse Hugenote.
Die Franse Hugenote het uit Frankryk gevlug a.g.v. die Hervorming en vervolging van Protestante. Hulle het in 1671 die eerste keer na Suid-Afrika gekom, nog ‘n groep in 1685 en die laaste groep tussen 1688 – 1689. Hulle het hul hoofsaaklik in Franschhoek gevestig en die Franse Hugenote monument is daar opgerig ter nagedagtenis aan hulle. Linie het vertel van ons verwantskap met hulle.
Baie van die Afrikaners is afstammelinge van die Hugenote en bekende vanne is: Le Roux, Delport, Gouws, Viljoen. In boeke kan ‘n mens jou voorvaders navors en presies weet wanneer, met watter skip hulle gekom het en waar hulle hul gevestig het. ‘n Mens kan ook jou hele stamboom navors as jy genoeg inligting van jou voorouers het. Dit was ‘n baie leersame vergadering.
Ons is baie bly dat ons vanjaar 4 nuwe lede gekry het, nl. Marie Manser, Annie le Roux, Denise Noot en Marietjie van der Linde. Hulle het met entoesiasme aangesluit en ons hoop die VLV beteken ook vir hulle baie.