Posted on 28 April 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

 

‘n Ma is God se liefde in aksie – Anoniem

 

Moedersdag was die tema vir Niekerkshoop se mees onlangse vergadering.

 

Mev. Michelle van Zyl het die vergadering kom vertel wat die werk van ‘n grafiese ontwerper behels.
 

‘n ‘Tuistoets’ is gedoen om te bepaal of lede linker- of regterbrein dominant is. Linkerbrein oorheersend beteken dat jy baie analities is, waar die regterbrein dominante meer kreatief is. Dit hang af van die persoon se bui en ook die gemoedstoestand.

 

Lede is in groepe verdeel en woorde is aan elke groep uitgedeel. Groepe moes ‘n ‘logo’ ontwerp, ‘n naam van ‘n besigheid en ook ‘n slagspreuk wat die winkel beskryf. 

 

Baie van die lede het gesukkel om die konsep van die woord te ontrafel en daarmee te speel om ‘n opvallende naam te maak. Lede was verras om te sien wat jy als met die 3 woorde kan doen. Selfs die slagspreuke het sag op die oor geval en het lagspiere geprikkel.

 

Beriggewer:  Liezel Botha

 

 

 

 

‘n Lid wat pas ouma geword het, Ronél van Biljon, het vir haar kleinseun ‘n kwilt gemaak om hom te verwelkom.

 

 

 

Die vordering met kniekombersies is getoon.

 

 

 

Mev. Hettie Carstens wys die aardse kleure waarin sy  vir haar toekomstige kleinkind ‘n kombersie hekel.

 

 

 

Die tema van vergadering was Moedersdag.

Comments are closed

Categories