Posted on
30 April 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Elias Nel het Goodwood tak besoek en die lede alles omtrent die RIELdans vertel. Dit is die oudste dansvorm in S.A. Die Khoi en San het dit na 'n goeie jagtog of oes gedans. Die oorspronklike naam van die Rieldans is onbekend. Dit is 'n ekspressionistiese dans - bestaan uit uitbeeldings en nabootsings van o.a. diere en voëls, die werkomgewing, spot met sosiale morele kwessies en hofmakery. Dit is 'n energieke, individualistiese dans wat vernuftige voetwerk verg. Dit inkorporeer ander dansstyle en is eintlik 'n "onordelike" dans.

Elias skryf onder die naam Elias P Nel en is op Verneukpan gebore en het daar grootgeword. Op die foto is sy vrou (links) en Wenda Preuss, (voorsitter).
Beriggewer: Alet Colyn
