Posted on 01 June 2011

. . . oor alles en nog wat. Vriendinne, julle moet gebruik maak van hierdie forum! Ons wil hoor wat daar in jou geweste gebeur - waarmee jy/julle besig is, wat julle beplan, hoe die weer lyk - sonskyn, sneeu of reën. . . vertel ons asseblief. Ons hoef nie net VLV-sake te bepraat nie. Laat van jou hoor, asseblief!


Categories 
Comments

6/2/2011 2:17:09 AM #

Laat ek dan nou sommer afskop!

In die Vriendelike Stad is dit vandag 'n pragtige dag. Blousel blou lug, nie 'n blaar wat roer nie en so 'n lekker loom sonnetjie.

Ek is besig om 'n pot sop van epidermiese proporsies aan mekaar te slaan, want my wederhelf is saans besig met repetisies vir Saterdagaand se MNR. PE 2011, gala aand en die manne (20 finaliste) is honger van al die geoefen!! Dis die 10de jaar wat PE se mees sjarmante jong man aangewys sal word. Die kaartjies is lankal uitverkoop en die finaliste se senuwees knaag erg. Verlede jaar se mnr. Suid-Afrika was ook 'n vorige Mnr. PE - so dis oulike (en aangenaamlike!)jong manne wat deelneem. My wederhelf reël die kompetisie - hy neem nie deel nie, hoor!!!! vir ingeval jy gewonder het. Maar hy is baie sjarmant!

Hoop jy't 'n jirrlike dag..........waar in die wêreld jy ook al is.
Natania x

natania South Africa

Add comment




  Country flag

biuquote
  • Comment
  • Preview
Loading



Categories