Posted on 03 June 2011

Portefeulje: Openbare Sake

 

George tak het Antonio Julies geïdentifiseer as 'n persoon in die openbare sektor wat besondere diens verrig. Sy vriendelike persoonlikheid, selfversekerde, behulpsame werkswyse en netjiese voorkoms het ons beïndruk by die George-Oos poskantoor.

 

Soos te wagte is hy bevorder na Mosselbaai Poskantoor en dit is waar ons hom gaan opspoor het om die toekenning te oorhandig. Antonio is getroud en hulle verwag hulle eersteling binnekort. Ons hoop dat hierdie beskeie erkenning as aansporing sal dien.  

 

Beriggewer: Henriëtte Stander

 

 

LNR Felicia Truter, Frank Diyana (posmeester Mosselbaai), Hannetjie Raath (sameroeper Openbare Sake) Henriëtte Stander (voorsitter George tak) Antonio Julies, Marie Stander, Hester Grobbelaar.

Comments are closed

Categories