Posted on 09 June 2011

Tema: Inligtingsdag
Datum:  8 Junie 2011
Beriggewer: Nellie Viljoen

 

Sirkel Kalahari het wel die koudste dag van die winter gekies, maar niks kon die geesdrif demp van die lede wat uit die hele streek die inligtingsdag in Vryburg bygewoon het nie.

 

Al die fynere puntjies van die kompetisieartikels vir die volgende jaar was onder bespreking.

 

Lede het gewapen met hul kennis huiswaarts gekeer.

 

Op die foto verskyn almal wat 'n bydrae gelewer het.

Voor: Corlie van Zyl, Doris Linde, Tonna Delaney
Agter: Marietjie Steyn, Gezina Bruwer, Margo du Plessis, Erika Linde en Trudie Kok

 

Comments are closed

Categories