Posted on
14 June 2011
‘n Sirkeldag is op 11 Junie 2011 deur VLV Loerie aangebied met ‘n noen-ontbyt in die NG Kerksaal.
Met pragtig gedekte tafels, ‘n treffende blommerangskikking en ‘n uitstalling van hul handwerk, verwelkom Loerie se 19 lede die 70 besoekers van so ver as Wittedrif en Uniondale.
Die egpaar Willie en Marie Oosthuizen kry die gaste in die regte stemming met hul pragtige sang.
Mnr Deon Els, gebruik die VLV-tema van die jaar, ‘Aanhouer Wen’, om die dames aan te spoor om voluit vrou te wees. Hulle moet hul allerbeste gee en nie bang wees om nuwe dinge te probeer nie.
Hy laat me Susan Leseke deur die BlackBerry-net vertel hoe sy haarself bemagtig het ten spyte van teleurstellings en teenkanting.
Op ‘n ligter noot probeer hy die dames oortuig om sommer ‘n handvol G-strings te koop. En is die lyf nie meer so G-string-vriendelik nie, dra dit sommer dan bo-oor jou “bloomer”!.
Willie en Marie Oosthuizen sluit die program af. Deur hul sang en getuienis dra hulle dan ook die boodskap van “Aanhouer Wen” uit.
Beriggewer: Hester Marx

Willie en Marie Ooshuizen.

Deon Els.
Handwerk van Loerie VLV.

Uitstalling by Sirkeldag VLV Loerie.