Posted on 22 June 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

 

Op ‘n onlangse VLV vergadering van Kuruman tak, het sameroeper Carol de Villiers vir Ds. Christo Jonck gekry om met die dames te praat oor verdraagsaamheid in die huwelik.

 

Verdraagsaamheid is die vermoë en die gewilligheid om die beskouings en lewenswyses van die wat van jou verskil te verduur en daarmee saam te leef, sonder om daarmee saam te stem. Sien die goeie in ander raak en konsentreer daarop. Wees respekvol en gee erkenning waar nodig, ook vir diversiteit. Verdraagsaamheid is die morele gom wat die samelewing aan die gang en bymekaar hou, so ook binne die huwelik. Doen aan die ander persoon juis dit wat jy graag self wil hê.

 

Ds. Jonck sluit af met die woorde van Victor Frankl: When we are no longer able to change a situation we are challenged to change ourselves.

 

Stof tot nadenke.

 

 

Ds. Christo Jonck praat oor verdraagsaamheid in die huwelik en gee die VLV-lede van Kuruman stof tot nadenke. Foto: Wendy Marais

Comments are closed

Categories