Posted on
23 June 2011
Op uitnodiging van Piketberg Rolbalklub het VLV Piketberg ‘n span van 4 spelers ingeskryf vir die jaarlikse Rolbal Sakedag.
Op ‘n koue wintermiddag op 22 Junie het VLV lede v.l.n.r. Alta Vos, Alida Walters en Carin Rossouw gewys dat hulle bo en behalwe hulle bak- en naaldwerkvermoëns ook oor ‘n goeie skoot “ball sense” beskik! Hulle tawwe teenstanders was hulle net-net een voor. Die vierde speler op die foto is Alida se man Jannie.
