Posted on
30 June 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Nellie Viljoen
Met die oog op al die take wat in die winter op die tuinier wag, het Vryburg VLV ‘n insiggewende demonstrasie oor die snoei van rose gehad.
Ricus Meintjes van ‘n plaaslike kwekery het sommer baie ander wenke vir die tuinier gehad oor korrekte voeding vir plante, bekamping van peste en plae en hoe om kompos op klein skaal te maak. Groot welslae kan met groente behaal word deur volgens die stand van die maan te plant.
Eurika Byleveld het demonstreer hoe om ‘n kombersie te maak van twee stukke poolvliesstof.

Ricus Meintjes en Rika Swart, koördineerder van die vergadering.