Posted on 20 July 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Elna Slabber
Datum: 19 Julie 2011
 

Tydens Hopefield tak se Leefstyl: tuisteskepping vergadering kon lede die fynere kunsies van die bewerking van vye leer. Die plaaslike Hoërskool leerders was ook by die vergadering betrokke. 

 
“Vyevreugde Figfun” is ‘n onderneming wat daarop fokus om vye te preserveer. Karen Knoetzen en haar “Vyevreugde Figfun” vennote het hul sukses met oorskiet vye met die tak kom deel.

Slegs prima kwaliteit vye word voor sonop gepluk, verwerk en verpak. Die vars vye word binne 2-3 dae versend vir uitvoer na Engeland. Die boervrouens het egter die geleentheid gesien om die vye wat nie geskik is vir uitvoer nie, te verwerk in die wonderlikste produkte.

 

Alles word met die hand (in handskoen gehul) gedoen. Geen preserveermiddels word gebruik nie en die resepte is deur hulle self of naby familielede ontwikkel. Produkte vir diabete is sterk in aanvraag. Daarbenewens sluit hul produkte ook heel vye in stroop, vyekonfyt, vye in sjokolade, jogurt heel vye,  vyeblatjang en gedroogde vye in. 

 
Leandi Theart, gr 10 leerder, het haar mondeling projek oor buikdans voorgedra. Dit is ‘n dansvorm wat uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika afkomstig is. Buikdans is ‘n isolasie dansvorm waar die verskillende liggaamsdele onafhanklik van mekaar beweeg, met die klem op die heup en bekkengebied. Hierdie dansvorm is geskik vir alle ouderdomme, baie goed vir swanger vroue en veral goeie oefening om osteoporose in ouer vroue te voorkom. 

 

 

 

Agter: Elizabeth en haar ma, Engela James
Voor: Marie Heyns, Marie van der Merwe en haar kleindogter, Anri Labuschagne. Besig met beoordeling!!

 

 

Die drie “Vyevreugde Figfun” vennote by hul produkte saam met Dianne Hitge (links) en Sandra de Beer (regs).

 

 

 

Leandi Theart - gr 10 leerder van Hoërskool Hopefield besig met 'n buikdans.

Comments are closed

Categories