Posted on
21 July 2011
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Vera Winterbach
Datum: 21 Julie 2011
ITEM:
Vroue van More voer ‘n klein konsertjie op en al die produkte soos uie, aartappels, blikkies kos en vis wat hulle in die konsert gebruik het, skenk hulle aan Pelikaan Kleuterskool van Noordhoek. Sinnie oorhandig aan elkeen ‘n klein geskenkie.
SPREKER:
Trudie Pieterse stel haarself aan die vergadering voor en noem dat lede haar sal onthou as Trudie van Oupa se koffiestoor. Sy stel ook haar werkskollega Ronel de Jager aan die vergadering voor en sê dat hulle nou werksaam is by Avbob Lewens en meer gaan gesels oor vroue en hul finansies. Sy noem dat ons nou een van die ergste ressesies beleef en ‘n mens voel dit aan jou sak. Is jou finansies ‘n droom of ‘n nagmerrie? Vir die meeste van ons definitief ‘n nagmerrie. Feite – vrouens leef langer as mans, almal het vrae rondom geld en mans ook.
Vroue koppel nie hulle geld aan hulle drome nie, moederskap verander alles vir vroue – verdien minder en spandeer minder op hulself.
Watter vaardighede het vroue nodig? Vroue moet meer gedissiplineerd spaar want ons leef gewoonlik langer as mans. Vroue het dieselfde vaardighede as mans maar dit word nie altyd erken nie. Vrouens bewaar meer die vrede as mans. Vroue praat nie net oor beleggings en werk nie, want ‘n huishouding en kiners speel vir hulle ‘n groter rol.
Ons ouers leer ons: waardeer wat jy het, wees allergies vir skuld, geleer oor tiendes.
4 mandjie plan om met geld te werk:
Sekuriteit – dak oor kop, versekering
Toekomstige behoeftes – geleerdheid vir kinders
Welvaart op te bou
Op reis te gaan – droom waar te maak
Stel ‘n basiese begroting op en leer jou kinders om dit ook te doen en daarvolgens te lewe. Moenie meer uitgee as wat jou inkomste is nie.

Vroue van môre.

Trudie Pieterse.
\
Geskenkies.

Teetafel.