Posted on 28 July 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Lucia Dorfling

 

Die dames van Steytlerville tak het 'n heerlike Leefstyl vergadering geniet op 'n koue wintersdag in die Karoo.

 

Die gebruiklike koek en tee moes die knie buig voor smullekker warm blaarslaaisop & ‘dumplings’. 'n Mooi gedekte tafel in warm winterkleure het sommer luister aan die vergadering verleen.

 

Daar was darem nie net gesmul nie, want toe die sopkommetjies eenkant toe geskuif is, is daar werkswinkel gehou. Elke vriendin kon haar kreatiwiteit vrye teuels gee deur die allermooiste deurstop te maak. ‘n Pragtige en praktiese dekorartikel om jou huis op te vrolik.

 

Regtig `n gesellige saamkuier – dis mos waaroor VLV gaan!

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories