Posted on
11 August 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Ebenize Smalberger
Datum: 11 Augustus 2011
Deon Redelinghuys was die spreker tydens Stilbaai se onlangse vergadering. Hy open met Genesis 1: God het gesien dat alles goed was en die mens aangestel om te waak oor die aarde. Die mens is ongelukkig besig om dit wat goed is, dood te maak.
Dit wat verbrand word gee gifstowwe af, dit wat begrawe word stel nuwe gifstowwe vry wat in grond en water opgeneem word. Daar is dus net een opsie:
HERWINNING. Ouers moet hul kinders van jongs af leer om dit toe te pas.
Statistiek is soos volg: Papier 30%, Glas 6%, Plastiek 12%, Organies 30%, Elektriese apparate 12%, Metaal 10%. Dit is alles afval - so ons moet dink wat daaruit gemaak kan word, byvoorbeeld:
PLASTIEK - Teken onder bottel wys watter soort dit is. Van nr1 word waterdigte klere gemaak.
GLAS - word gesmelt en pragtige artikels van gemaak o.a. glase ens.
PAPIER - kan oor en oor gebruik word. Die laaste artikel is toiletpapier.
METAAL - word ook gesmelt.
Voorbeeld van die huisie op foto is alles uit herwinde materiaal gemaak. Kinders word op skool aangemoedig om dit in projekte te gebruik. In Stilbaai is ons al geruime tyd besig met herwinning. Kry gratis deurskynende plastieksakke van Munisipaliteit om afval in te plaas.
Hy sluit sy praatjie af deur dit te noem dat: VROUE DINGE LAAT GEBEUR en rig 'n uitdaging aan ons om HERWINNING toe te pas en almal rondom ons aan te moedig om dit te doen.

Deon Redelinghuys en Marie Cronjé (Landbou sameroeper).