Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Antionette van Pletzen
Hilda v/d Walt, voorsitter en saamroeper van Jamestown tak se Openbare Sake portefeulje, het baie moeite gedoen om interessante en noodsaaklike inligting deur te gee.
Menseregte: Die vertaling van Malema se haatspraakliedjie is voorgelees, asook Afriforum se motivering vir die hofsaak teen hom. Staan in alle situasies op jou regte en betoon wedersydse respek.
Verbruikersake:
1. Hoef nie motor te diens waar jy hom aankoop nie.
2. Kan selfoonkontrak binne 20 werksdae kanselleer.
3. As jy deposito betaal het op iets wat bestel is en jy nie tevrede is nie, kan jy jou geld + rente terugeis.
4. Daar is 'n 6 maande waarborg op alle produkte en 3 maande waarborg op alle werk wat by jou gedoen word.
5. By Dubbel besprekings (bv. hotelle, busse, ens.) kan jy ook jou geld + rente terugeis.
6. Kwotasies mag nie geld vra as die persoon nie gebruik word nie, behalwe as vooraf gereël.
7. Maak seker jou rakprys en die prys by die kasregister is dieselfde!
8. Vra altyd kwitansies.
9. Alle klagtes oor mediese fondse kan aangemeld word by die Raad van Mediese Skemas by 086 1123 267 of complaints@medscheme.co.za of die webwerf www.medicalschemes.com.
10. Jy mag Posbestellings binne 5 besigheidsdae kanselleer.
11. Om jou naam af te haal van Direkte Bemarking, kanselleer by Tel. 0861 362362.
12. Jy het die reg om 'n pakkie oop te maak en die inhoud te bestudeer vóór jy dit terugstuur, indien nie tevrede.
13. As jy iets ontvang wat jy nie bestel het nie en hulle kom haal dit nie binne 20 werksdae nie, mag jy dit hou.
14. SMS tariewe vir kompetisies is R1.50, tensy anders gespesifiseer.
15. "Grys produkte", m.a.w. ‘oorgedoende’ produkte, moet duidelik as sulks gemerk wees.
16. Verdere verbruikerswenke by 0861 843 384 en contactus@thedti.gof.za
Veiligheid:
1. Hanteer die Internet versigtig. Moenie persoonlike inligting gee nie, en kinders moet ouers se toestemming kry om goed af te laai.
2. Moenie alleen loop nie.
3. Jy as ouer is verantwoordelik vir jou kinders! Kry tyd van hoe laat kind tuis verwag moet word.
4. Gaan haal kinders self by sokkies, ens.
5. Kinders moet hul huis se alarmkodes ken.
6. As jong kinders alleen by die huis gelos word, moet hulle weet wie om te bel in 'n noodgeval.
7. Laat kinders van kleins af hul adres en telefoonnommer ken.
8. Kinders moet SAP noodnommer 10111 ken!
9. Maak reëls vir oorslaap.
10. Moenie drankies van vreemdelinge aanvaar nie, en verkies geseëlde bottels.
11. Leer jou kinders waar om uit die huis te ontsnap in geval van 'n brand.
12. Leer jou kinders om oplettend te wees, om vreemde persone en voertuie te kan rapporteer.
13. Bevoegdheidsertifikate vir vuurwapens verval ná 'n sekere tyd en moet ook hernu word.
Sensus: 10 Okt 2011. Werkers kan geïdentifiseer word deur 'n geel hoed, geel baadjie en 'n identiteitskaart met 'n foto. Almal wat op 10 Okt binne SA se grense is, sal getel word - dit sluit babas, bejaardes en besoekers in. Die finale uitslag sal in Maart 2013 uitgereik word.
Padveiligheid:
Road Safety Commandments:
Do's: Ensure vehicle & Driver fitness; Wear seatbelts; Promote Pedestrian safety.
Don'ts: Speed; Drink & Drive; Overload
1. Gebruik paaie veilig en hou gereeld vir rusperiodes stil op die langpad. .
2. Gebruik die geel streep langs die pad slegs as jy nie verder as 150 m voor jou kan sien nie. As jy in iets in die geel streep vasry, is jy die skuldige.
3. Dra veiligheidsgordels, voor EN agter in die voertuig.
4. Moenie drink en bestuur nie. Pasop ook vir medikasie wat jou lomerig kan maak.
5. Spoed is die grootste oorsaak van ongelukke.
6. 40% van padsterftes is voetganger. Moenie tussen voertuie deur hardloop nie, en stap só dat aankomende verkeer jou kan sien.
7. Bestuur altyd met jou ligte aan - om te sien EN gesien te word!
8. Dis verpligtend vir voertuie wat ná 2006 gekoop is om 'n rooi driehoek in die voertuig te hê.
9. Wees op die uitkyk vir rondloperdiere, en ry dus veral in die nag stadiger.
10. Wees versigtig vir oorlaai en vir verbysteek. Moenie ongeduldig raak en kanse waag nie.
11. Let op kontrakborde langs padwerke. Rapporteer enige klagtes oor slaggate, klippe wat opskiet en skade veroorsaak, ens. by die betrokke nommer.
12. Uitstalling van padtekens wys die vlg.:
Geel padtekens is Tydelike padtekens.
Bruin en groen gee Inligting.
Geel en swart / Wit en swart is vir Gevaar.
Driehoek is Waarskuwing.