Posted on
22 August 2011
Die hoogtepunt van Sirkel Tygerberg se sirkeloggend was die demonstrasie oor die maak van slaapsakke uit koerantpapier vir haweloses.
Dié sakke is ook by kongres demonstreer.
My hart het geblom toe ek op pad werk toe op die hoek van Koebergweg en Voortrekkerweg in Maitland 'n "bergie" sien slaap in een van die tuisgemaakte slaapsakke en ek moes net stop om 'n foto te neem! Ek het skoon vergeet om te vra waar hy dit gekry het, maar sy glimlag was genoeg om my dag te maak!
Elza Eksteen (Stellenberg tak).
