Posted on
24 August 2011
Beriggewer:Nellie Viljoen
Sirkel Kalahari kan met reg trots wees op hul prestasies by die afgelope VLVK kongres in Villiersdorp. Erika Linde van Mimosa tak eerste was met borduurwerk wat ook as die mees uitstaande artikel van al die inskrywings aangewys is. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie! Marthie Grobler van Vryburg het eerste plek behaal met haar blommering, Corlie van Zyl en Carien van der Berg van Reivilo was onderskeidelik derde en vyfde met hul masjienwerk.

Erika Linde.

Corlie van Zyl.

Carien van der Berg (Reivilo).

Marthie Grobler.