Posted on
24 August 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 23 Augustus 2011
Magda Jacobs, ‘n leerspesialis,het Vryburg VLV besoek en elke lid het die geleentheid gekry om met behulp van ‘n vraelys haar persoonlikheid te ontleed. Hierdie kennis kan elkeen help om haarself, maar ook haar gesinslede en vriende beter te verstaan.
Die sanguiniese persoon het ‘n magnetiese persoonlikheid en hou daarvan om die middelpunt van belangstelling te wees, terwyl die choleriese persoon soms impulsiewe besluite maak, maar vinnig en doeltreffend werk. Melankoliese persone werk volgens ‘n skedule en is netjies en perfek, daarteen is flegmatiese persone kalm en rustig en laat eerder ander toe om besluite te neem.
Onder leiding van Hester Pretorius het elke lid die geleentheid gekry om ‘n klein mosaïekartikel te maak om huis toe te neem.
.jpg)
Hester Pretorius (voorsitter) en Magda Jacobs (spreker).

Arine Bosch en Ora Jordaan aan die werk.

Cecile Brink en Memory Scholtz konsentreer op hul mosaïek.

Caroline Engelbrecht (nuwe lid) en Hannetjie Engelbrecht (besoeker van Tosca tak).