Posted on
24 August 2011
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Magda le Roux
Upington-VLV hou op 11 Augustus ons Opvoeding en Kultuur vergadering in die plaaslike Museumkerkie onder leiding van Mevv. Francis Naude en Truia Kohne.
Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie langs die Groot Gariep deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. Die planne van die kerkie is in 1871 opgetrek en in 1875 is dit in gebruik geneem. Die pastorie is in 1883 voltooi.
In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Die dorp het in 1898 munisipale status verkry.
Upington is geleë op die walle van die Oranjerivier en die treinbrug oor die rivier is die langste treinbrug in die land. Nadat die brug die derde keer herbou is, was die vloedwaters nog nooit weer oor die brug.

Truia en Francis voor die oorspronklike preekstoel.
Ons ontvang takbesoek van Oranjevallei tak.

Almal sing lekker volksliedjies en geniet 'n grappie van Mev Joey Neethling.

Mnr Theuns Louw kom bied 'n rekenaar lesing aan om die dames meer rekenaargeletterd te bekwaam. Talle vrae en probleme word behandel. Daar word besluit dat hy rekenaarklasse sal aanbied. Die dames is baie opgewonde.

LNR Mevv. Magda le Roux, Kasoepie van Niekerk en Berna vd Westhuizen saam met Theuns Louw.