Posted on 27 August 2011

Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Anita Fourie

 

VLV Diepkloof het op Donderdag 25 Augustus die Irma Bruschi KANSA Interimhuis te Merrimanstraat 103, George besoek. Mevrou Irma Bruschi het die fondse geskenk om die huis mee te koop. Die koop en inrig van die huis is gedoen deur 'n oud Dieplkloof-lid , suster Thersia Fourie. Sy bestuur ook tans die huis.

 

Die huis bestaan uit vier slaapkamers met twaalf beddens. Die slaapkamers is toegerus deur skenkings van Robbins Nest Interior decorators, en lyk prentjie mooi. Die res van die huis is deur verskeie skenkings toegerus en versier om sodoende 'n baie huislike atmosfeer te skep vir die pasiënte... sommige pasiënte voel so tuis hulle help tot met die bak en brou. 

 

Hierdie interimhuis word gebruik deur kankerpasiënte wie daagliks chemo of bestraling ontvang, maar nie daagliks heen en weer, van en terug na hul wonings kan ry nie of persone wie te siek is om self te ry. 

 

Die tarief is uiters bekostigbaar. Die huis is 'n niewinsgewende organisasie, en is afhanklik van skenkings deur tok-tokkie, kappas (koppies vir kanker), borskanker stappe, Relay for life en donasies. Groot donasies word jaarliks van die Hartenbos gemeenskap ontvang, vanaf hul pakkies-toedraai-projek met moeders- en vadersdag, en kersfees by die Langeberg Mall te Mosselbaai. 

 

Suster Thersia is 'n limfdreineringsterapeut, en doen pynbeheer, berading en tree op as middelman tussen pasiënt en dokter.

E-pos: tfourie@cansa.org.za

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories