Posted on
03 September 2011
Victoria-Wes VLV moes die afgelope week weer van een van ons geliefde lede afskeid neem. Mevrou Kwarta Nel is op Sondag, 28 Augustus, in die hospitaal op Mosselbaai oorlede. Sy het twee dae vantevore 'n ernstige beroerte gehad.
Mevrou Nel het in 1957 by die VLV op Victoria-Wes aangesluit en was tot haar afsterwe, die langste lid (in jare) van die tak. Sy het in Maart 2011, gedurende die konferensie op Victoria-Wes, ook as vlagdraer opgetree. Sy was bekend vir haar gewilligheid om te help en het 'n heerlike sin vir humor gehad. In 1987 was sy tesourier van die tak en daarna sekretaresse vir twee jaar. Mevrou Nel se kinders woon almal in die omgewing en sy was ook die ouma van Tobi Jooste (sanger en TV persoonlikheid).
Ons gaan haar mis!