Posted on 05 September 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Alet Colyn

 

Goodwood tak het op 2 September 'n koue en reënerige lentedag, 'n Koorsboom by die plaaslike laerskool, Koos Sadie, geplant.

 

Die voorsitter, Wenda Preuss, vertel aan 'n paar van die senior leerlinge waaroor die seremonie eintlik gaan. Die kinders was baie ywerig en vol belangstelling. Ons tak het 'n kompetisie geloods in verskeie ouderdomsgroepe en aan hulle die geleentheid gegee om hulle bydraes te lees. Pryse sal by hulle saalbyeenkoms oorhandig word.

 

 

LNR Karin Marais (Landbou sameroeper), Wenda Preuss (voorsitter), Maryna Brits (lid), Mnr.Laubscher (opsigter) en mnr. Albie Smith (skoolhoof). Voor is van die leerlinge ywerig besig met die plantery.

 

 

 

Voor is die "amptelike boomplanter", mnr. Peter Preuss.

  

 


Groot plesierigheid het geheers terwyl die reën in vlae neerval.

Comments are closed

Categories