Posted on 09 September 2011

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Sirkel Paarl het vanjaar ‘n hele klomp pryswenners opgelewer. Party het ‘n draai kom maak by die Ampsdraersvergadering van die Sirkel wat twee keer per jaar gehou word. Daar word Sirkelsake asook inligting van Hoofkantoor deurgegee en bespreek. Dit was lekker om hulle in persoon geluk te wens, want die Sirkel is baie trots op sy presteerders! Een van die beoordelaars tydens die Sirkel se konferensie, Martie Jordaan, was teenwoordig by die Kongres en het die Sirkel ook gelukgewens, want dit beteken dat sy as beoordelaar op die regte pad is met haar beoordeling.

 


LNR Lulu Malherbe van Klein Drakenstein (1ste in hekelwerk), Monica Geldenhuys, voorsitter van Wellington met die twee trofeë wat hul tak geoes het, Louise Mouton, (2de met foto) en Petro Greeff (1ste in teesakkievou kaartjie), Marinda Rall, President, Fransie Cummings van Slot van die Paarl (2de met breiwerk). VLV Slot van die Paarl het ook 5de gekom in die Wisselafdeling (Ringkussing en kousband).

 

Die afgevaardigdes het die Kongres baie geniet en dit baie leersaam en interessant gevind. Ou bande is hernu en dit is wat so lekker is van VLV en kongresse! Marinda Rall (was Dumont), President, en Marie Barnard (was van Schalkwyk) van Despatch tak het mekaar nou vir die eerste maal weer raakgeloop nadat Marie van Marinda in die H&H gelees het (hulle was saam in Hoërskool Brandwag, Uitenhage).

 


Marinda Rall en Marie Barnard.

 


LNR Lorraine Symington, President van Suid-Karoo, en Marinda Rall, President van Paarl, by pragtige proteas wat so eie is aan Villiersdorp.

Comments are closed

Categories