Posted on
15 September 2011
Beriggewer: Vera Winterbach
Datum: 15 September 2011
Sinnie deel ‘n paar boererate met die lede:
Sout en warm water – gorrel vir seer keel. Nog een vir seer keel wat die vergadering laat lag is: breek ‘n eier eet die helfte, spoeg op ander helfte en begrawe dit, stap weg en moenie omkyk.
Naeltjieolie in oor vir oorpyn. Kinders wat die bed nat maak: vang streepmuis, slag af braai en gee vir kind om te eet maar moenie sê dit is 'n muis nie. Rook hoendervere en asem dit in – hou dan op met hik. Melk ‘n perd en smeer melk 2 x per dag aan sproete.
Dwarskersboskoor sing Osbraai op Kromdraai, Sarie Marais, Hoe sê mens dankie, Al lê die berge nog so blou.
Flip Wessels vermaak die lede met ‘n grappie van rugby en vertel die verhaal van die eerste rugbywedstryd wat in 1862 plaasgevind het in Groenpunt Kaapstad. Hy vertel van die verskillende rugbyfamilies wat ook almal vir die Springbokke gespeel het soos bv. die Pienaars, Beckers, Burgers ens. Hy vertel ook van al Naas Botha se hoogtepunte. Flip vertel van Gerhard Viviers en hoe hy rugby tot by ons in die huis gebring het deur radio en later TV. Hy vertel ook van die apartheidsjare en al die betogings waardeur die Springbokke is.

Daar word lustig “Shosholoza” gesing.


‘n Paar van die VLV lede doen rugby toertjies op die liedjie “Hier kom die Bokke” en almal kom in die gees vir die Wêreldbeker rugby 2011.

Flip Wessels.