Posted on 19 September 2011

Portefeulje: Gesondheid en Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Rina Coreejes

  

Britstown se lentevergadering het o.a. gefokus op die menslike sintuie van sig en reuk.

  

“Toe maak hul ogies vir my” sing Freddie Nest en Ideka Visser maak ons attent op ons oë tydens ons Gesondheidsprogram. Die oog se bou en struktuur is behandel asook siektes wat die oog kan opdoen. Ons het toe na prente gekyk wat ons oë kul. Alta en Kat Myburg was ons gaste vir die dag en Alta het ons vertel van haar oogtoestand, nl. ‘n makulêre gat (of blasie) in die oog. Dit het veroorsaak dat sy slegs met ‘n vergrootglas groot druk kon lees. Na ‘n onlangse suksesvolle operasie op die een oog kan sy al groot druk sonder ‘n bril lees. Sy het aan ons verduidelik wat die operasie behels, en haar eggenoot, Kat, het die lang  herstelproses, wat haar genoodsaak het om vir 5 dae koponderstebo te loop, aan ons verduidelik. Binne die volgende week gaan sy vir ’n operasie op die ander oog.

  

Ivonne Gentle het tydens die Kunste en Handvlyt gleuf aan ons gedemonstreer hoe om lekkerruiksakkies vir die linnelaai te maak. Sy het 3 geure aangemaak en elkeen kon ‘n organza sakkie volmaak en huis toe neem.
 

Benodighede: oorskiet seep - grof gerasper, en hawermout
• Mengsel 1 – pypkaneel(stukkies gebreek), naeltjies, klein stukkies gedroogde lemoen/nartjieskil, rooibostee.
• Mengsel 2 – gedroogde laventel en jasmyn blommetjies, laventel essense, rooibostee.
• Mengsel 3 – gedroogde marigold blommetjies, mango essense, rooibostee

Bogenoemde mengsel (1, 2 of 3) word by die seep en hawemout gevoeg en dan goed gemeng.
 

 

LNR Ivonne Gentle, Margarethe Brown en Anita Rust help met die lekkerruik mengsels.

 

 

Kat en Alta Myburgh, ons gassprekers vir die dag.

 

 

 

Lente teetafel.

Comments are closed

Categories