Posted on 20 September 2011

Portefeulje: Openbare Sake
Datum: 7 September 2011
Beriggewer: Estelle du Plessis
  
Tydens die Openbare Sake vergadering het die burgemeester van Saldanhabaai Munisipaliteit, Me Rosil Jager ons tak besoek. Sy verduidelik aan ons die samewerking en funksionering tussen die plaaslike owerhede en gemeenskappe. Sy het 'n o.a. gesê dat die burgemeester dra 'n burgemeestersketting wat haar posisie aandui, maar terselfdertyd is die ketting ook 'n aanduiding van 'n slaaf, iemand wat wil dien. Die plig van die Munisipale Bestuur is om te dien. Sy noem ook dat die vrou 'n groot aandeel het aan besluitneming omdat die vrou sake uit 'n ander perspektief sien en met deernis soms 'n probleem makliker oplos.
 

Sy het die vergadering baie geniet en gesê dat dit vir haar baie lekker is om na 'n baie besige program saam met vrouens te kuier rondom 'n koppie tee. Sy het die toekenning, 'n pragtige silwer bord, wat in rooshout gemonteer is, wat die Saldanhabaai Munisipaliteit onlangs in China vir die "beste ekologiese stad" ontvang het, saamgebring en ons kon haar vreugde deel.
 
 

Die Openbare Sake groep het die aktiwiteite van die omgewing pragtig uitgebeeld en 'n heerlike lente atmosfeer is in die saal geskep met pragtige lenteblomme en keurig gedekte tafels met die aller lekkerste verversings.


Langebaantak is trots op die toekennings ontvang by Kongres. 3de Plek in die Leefstylafdeling en 3de plek in die Kunste & Handvlytafdeling. Positiewe lede, beoordelaars wat inspireer en almal wat wonderlik saamwerk het die prestasie moontlik gemaak.
 
 
 

 

Pryswenners en deelnemers aan die kongres: Dienie Rust, 3de van links, 6e plek in Masjienwerk. Hennah Greef, 6de van links, 2de plek - Teesakkievouwerk, en 6de plek - Blommering. 

  

 

2 Nuwe bestuurslede: Elcia de Foglio (links), sekretaresse en Hilary Nepgen (regs) tesourier, saam met Estelle du Plessis, voorsitter, in die middel.

 

 

 

Estelle du Plessis, Me Rosil Jager, Corrie Slabber.

 


 

Uitstalling van aktiwiteite in die Munisipale omgewing.

Comments are closed

Categories