Posted on 21 September 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Antionette van Pletzen

 

Tydens Jamestown se onlangse vergadering het Lucia Lieberum, saamroeper vir Landbou, die bome van die jaar behandel, nl. Bruidsbos (Genus Pavetta), en die Gewone Wildevlier (Nuxia Congesta). Sy het ook interessante feite oor die voël van die jaar, die Klein Flamink, gegee - wat 'n helderder pienk kleur het as die groter Flamink. Bosluise op honde, sowel as giftige plante vir diere is behandel. Plante sluit in die Salmsroos (selfs heuning wat hiervan gemaak is, is giftig!), sampioene, Kasterolieboom, narsingbolle, madeliefies, krismisrose, broodbome, uie en knoffel. Slangbos se gevare is ook uitgelig.

 

'n Blokkiesraaisel oor plante in die Bybel is gewen deur Antoinette van Pletzen. Met die oog op herwinning het Lucia ook gedemonstreer hoe plantjies in eierdoppe gekweek kan word - breek net die eierdoppe wanneer die plantjie uitgeplant word. 'n Silinder kan ook van papier gedraai word om saad in te kweek, en met plantjie en al geplant word, aangesien die papier dien as kompos. 'n Ekonomiese tuinlig wat met sonkrag werk is vertoon, en inligting oor verskillende kleure van die geharde Daglelies is gegee. Ten slotte is aarbeiplantjies (in papiersilinders!), asook uie uitgedeel.

 

Philna van Pletzen was afgevaardig Kongres toe, en het interessante Landbou inligting deurgegee. Sy het ook voorbeelde van woestynplante bespreek en aan elkeen 'n houer met 3 vetplantblare gegee wat DV na die Januarie 2012-vergadering gebring moet word om te sien wie s'n het die meeste vermeerder!

 

 

Philna van Pletzen aan die woord.

 

 

Lucia Lieberum by die tafel VOL plantjies!

 


 

Lucia vertoon die sonkrag-lig.

Comments are closed

Categories