Posted on
21 September 2011
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 20 September 2011
Met die oog op gehoorsorgmaand het Vryburg VLV besoek ontvang van Salomé Seyffert, oudioloog wat in Vryburg, Hartwater en Kuruman werksaam is. Gehoor is belangrik in die ontwikkeling van kommunikasie, daarom behoort babas se gehoor getoets te word. Gehoorverlies kan oorkom word met gehoorapparaat of kogulêre inplantings. Kinders met gehoorprobleme se skolastiese prestasies kan verbeter word met gehoorapparaat. Gehoorapparaat kan sekere frekwensies uitskakel, wat beter konsentrasie by kinders met aandagafleibare gebreke tot gevolg het. Volwassenes wat soms nie gesprekke in lawaaierige omgewings kan volg nie, behoort hul gehoor te laat toets.
Langdurige blootstelling aan hoë klanke kan die gehoor beskadig. Tinnitus of suising kan geneties of deur oorontsteking, medikasie of vreemde voorwerpe in die oor veroorsaak word.
Tegnologie het sodanig verbeter dat gehoorapparaat geprogrameer kan word om by elke persoon se leefstyl te pas en nuwe apparaat is baie onopsigtelik.
Lorraine Bruwer het ‘n appelskiller demonstreer en Gezina Bruwer het die geheime van aartappelsuurdeeg met lede gedeel.

Lorraine Bruwer en Salomé Seyffert.

Eurika, Biffie, Lorraine en Gezina was verantwoordelik vir die vergadering.