Beriggewer: Elsabe Carstens
Portefeulje: Openbare Sake
Sameroeper: Anne Laubscher
Die VLV dames van Leipoldtville het Woensdag, 14 September 2011, almal heerlik saamgekuier by die privaat wildreservaat en gastehuis, Donkieskraal, op die plaas Sandberg. Dit is 'n pragtige oord tussen die koppe en kranse en rotse waar 'n mens wild en Boesmantekeninge kan besigtig. Die oord is ook toegerus met die smaakvolste en uniekste verblyfplekke. Ook die uitsig is absoluut ongelooflik. Gaan kyk gerus op die webtuiste, www.donkieskraal.co.za, om te sien wat daar nog alles aan gaste gebied word.

Hier lewer die voorsitter, Elsabe Carstens, verslag van die Kongres te Villiersdorp wat sy bygewoon het.

Die lede wat almal die vergadering bygewoon het is:
Voor: Maria van Noordwyk, besoeker, en Marietjie Carstens.
Middel: Augusta van Zyl, Lida Slabber, Anda Laubscher, Meraai Visser.
Agter: Tillia Laubscher(Bestuurder van Donkieskraal), Annemi Laubscher, Luette Carstens, Anne Laubscher, Elsabe Carstens, Cecile van Zyl, Maritha Louw en Madelein Visser.

Anne Laubcher, (Tillia en Annemi se moeder), Tillia Laubscher en Elsabe Carstens.

Van die wild by die kosbakke. Kyk net die pragtige natuurskoon in die agtergrond. Dit is ongelooflik.