Posted on
27 September 2011
Sirkel Tygerberg samel sedert die Julie Sirkelvergadering broodsakkie-knippies in om te ruil vir rolstoele. Die eerste 80 kilogram (2 miljoen) knippies is reeds ingelewer en hier is ons eerste rolstoel nou!
Op die foto is me Deborah Ives van Parow, in haar splinternuwe rolstoel, saam met Caro Ekermans, Sirkelpresident Tygerberg. Ons sien uit daarna om die ontvangers van die ander drie rolstoele ook te ontmoet. Intussen maak Tygerberg nog steeds knippies bymekaar.
